Die ontwerp van 'n Afrikaanse taakgebaseerde rekenaaronderrigprogram vir internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch

Die navorsing waaroor in hierdie artikel verslag gelewer word, is spesifiek gerig op nie-Afrikaanssprekende internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die doel van die breë navorsing wat onderneem word en waarvan in dié artikel slegs gedeeltelik verslag gelewer word, is om die m...

Full description

Saved in:
Bibliographic Details
Published in:Stellenbosch papers in linguistics plus Vol. 45; no. 1; pp. 1 - 18
Main Authors: Beukes, Vernita, Adendorff, Elbie
Format: Journal Article
Language:Afrikaans
Published: University of Stellenbosch 10.01.2015
Stellenbosch University
Subjects:
ISSN:1726-541X, 2224-3380
Online Access:Get full text
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Die navorsing waaroor in hierdie artikel verslag gelewer word, is spesifiek gerig op nie-Afrikaanssprekende internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die doel van die breë navorsing wat onderneem word en waarvan in dié artikel slegs gedeeltelik verslag gelewer word, is om die moontlike ontwerp van 'n taakgebaseerde rekenaarprogram vir die kursus Beginner Afrikaans Vlak 1 te illustreer. Die navorsing val binne twee breë vakgebiede, waarvan die eerste een die taakgebaseerde benadering tot leer en onderrig is en die tweede een rekenaargesteunde taalonderrig (RGTO). Taakgebaseerde leer en onderrig is 'n onderrigbenadering waar die fokus van die studente op die bereiking van 'n doelwit geplaas word. Volgens Duran en Ramaut (2006) en Van Avermaet en Gysen (2006) is die vertrekpunt van enige taakgebaseerde benadering 'n behoefte-analise. Vir hierdie studie het die studente 'n vraelys voltooi. As deel van die behoefte-analise gebruik die studente, saam met die vraelys, die Europese Referensiekader (ERK) (2001) om hulle taalvaardighede te assesseer. Die studente verskaf ook inligting oor onderwerpe wat hulle graag in die klas behandel wil hê. Nadat die taakgebaseerde benadering bespreek is, word daar op Mayer (2009, 2011) se kognitiewe teorie van multimedialeer gefokus. Dit dien as vertrekpunt vir die tweede vakgebied, naamlik rekenaargesteunde taalonderrig (RGTO) wat verder in hierdie artikel bespreek word. Hierdie teorie verskaf die agtergrond vir enige aktiwiteit wat op die rekenaar ontwerp word. Nadat die kognitiewe teorie van multimedia-leer bespreek is, word daar op vier multimedia-instruksiebeginsels, deur Mayer (2009, 2011) ontwikkel, gefokus, naamlik die oortolligheidseffek, die samehangeffek, die ruimtelike-aangrensingseffek en die verpersoonlikingseffek. Hierdie beginsels word kortliks bespreek, voordat 'n verbinding tussen die twee vakgebiede gemaak word deur die bevindinge wat sover van studente verkry is, te gebruik en dan prakties te toon hoe een van die instruksiebeginsels moontlik aan die studente voorgestel kan word in die rekenaarprogam. The design of an Afrikaans task-based computer program for international students at Stellenbosch University The focus of the research discussed in this article is on non-Afrikaans-speaking international students who are served by the Language Centre at Stellenbosch University. The aim of the broad research of which only a part is reported on in this article, is to describe the steps taken in the design of a task-based computer program for the course Beginner Afrikaans Level 1. The Postgraduate and International Office (PGIO) at Stellenbosch University offers several courses for international students. Students have to choose a minimum of five courses in order to transfer the required amount of credits back to their home universities. The Language Centre has close ties with the Postgraduate and International Office because of the language acquisition courses which they present to international students.
ISSN:1726-541X
2224-3380
DOI:10.5842/45-0-623